Foto deur Lee Malan
SARIE KOS DES 13/JAN 14

Foto deur Lee Malan SARIE KOS DES 13/JAN 14

Resepte

Franse brood met tong, gekaramelliseerde ui en mosterd

Genoeg vir 2

• 30 g (30 ml) botter
• 15 ml olyfolie
• 2 groot uie, in ringe gesny
• paar takkies vars tiemie
• 1 Franse brood, in lengte deurgesny
• 45 ml mosterd van jou keuse
• 125 g brie-kaas, in repe gesny
• sowat 8 snye gaar oorskiet- tong of 125 g-pakkie tong

Verhit botter en olyfolie saam in ’n pan. Voeg uie en tiemie by. Verlaag hitte en maak pan toe met deksel. Braai tot uie en tiemie sag is en bruin van kleur. Roer elke nou en dan. Smeer brood met mosterd. Pak skywe brie op onderste helfte, gevolg deur die tong. Skep gekaramelliseerde uie bo- op en maak toe met ander helfte. Geniet met ’n yskoue bier.