Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS AUG/SEP 2012

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS AUG/SEP 2012

Resepte

Franse roosterbrood met gebakte tamatie en chorizo

(genoeg vir 4)

  • 60 ml olyfolie
  • 4 groot rosa-tamaties, oorlangs gehalveer
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 2 chorizo-worse, in skywe gesny
  • 4 eiers
  • 15 ml melk
  • 40 ml botter
  • 8 snye witbrood
  • hand vol vars bronkors (watercress)

Verhit oond tot 180 °C. Gooi helfte van olyfolie in oondbak. Plaas tamaties in. Geur met sout en peper. Plaas in oond en oondrooster vir 10 minute. Plaas chorizo bo-op tamaties en plaas terug in oond vir nog 10 minute. Klits eiers en melk saam. Geur met sout en peper. Smelt botter in pan. Doop een sny brood in eiermengsel en plaas in pan. Braai aan een kant tot bruin en draai om. Braai bruin aan anderkant. Haal uit en hou warm. Herhaal met ander snye brood. Haal tamatie en chorizo uit oond en skep bo-op brood. Sit voor saam met vars bronkors.