sk0409yster03
Resepte

Frikkadel-broodjie

(5 – 6 frikkadelle)

  • 1 sny volkoringbrood, korsies verwyder
  • 100 ml koue water
  • 500 g maalvleis
  • 1 eier
  • 25 g pietersielie, fyngekap
  • 70 g pecorino-kaas, gerasper
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 15 ml wit asyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit jou oond tot 180 °C. Plaas  brood in ’n bak en gooi die water oor. Laat die brood week tot dit sag is. As daar oortollige water is, moet dit nie afgooi nie. Plaas maalvleis in ’n mengbak en voeg geweekte brood by. Meng goed deur. Voeg res van die bestanddele by en geur met sout en swartpeper. Vorm die frikkadelle – soos balle – met jou hande en plaas in ’n oondbak. Bak vir sowat 30 – 40 minute. Laat afkoel en hou in die yskas.

Maak jou broodjie só

(vir 1 broodjie)

  • volkoringrolletjie met pampoenpitte bo-op
  • botter om die broodjie te smeer
  • ’n paar vars spinasieblare
  • 1 tamatie, in skywe gesny
  • 30 ml mayonnaise
  • 15 ml korrelmosterd
  • 1 frikkadel

Smeer oopgesnyde broodrolletjie met botter. Plaas spinasieblare op die een helfte en sit die gesnyde tamatie bo-op. Meng mayonnaise en mosterd. Sny die frikkadel in skywe, pak dit op die tamatie en smeer mayonnaise-mosterd-mengsel bo-op. Maak toe met die boonste helfte van die rolletjie. Sit kleefplastiek oor die broodjie om dit vars te hou.