sk10036hr_tuis06
6 uur tuis, eet half 7

Frikkadelle met tamatie-pitas

4 porsies

• 30 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 2 rooi soetrissies, in repe gesny
• 1 rooi brandrissie, fyngekap (opsioneel)
• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• 2 blikke (400 g elk) heel tamaties
• 5 ml droë gemengde kruie
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 600 g gaar frikkadelle (koop in die supermark)
• 4 – 6 pitabrode
• Bulgaarse jogurt, om saam voor te sit

Verhit oond tot 220 °C. Verhit olyfolie in ‘n kastrol. Braai ui, soetrissies, brandrissie (as jy dit gebruik) en knoffel saam vir sowat 10 minute. Die soetrissie moet begin sag word. Voeg tamaties en kruie by. Geur met sout en swartpeper. Sit deksel op en laat prut vir sowat 15 minute. Voeg gaar frikkadelle by en laat net warm word in die sous. Terwyl die sous kook, bak jy jou pitabrode tot opgepof. Sny oop en skep van die sous en frikkadelle in. Sit voor met jogurt.