FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Gebakte lam met gegeurde rys

(4 porsies)

Kyk in die speseryafdeling van jou supermark vir die speserye. Jy kandit ook oor hoender gebruik.

  • 300 ml rys
  • 500 ml hoenderaftreksel
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 80 ml olyfolie
  • 45 ml tandoori-speserye
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 1 ui, fyngekap
  • 15 ml komynsaad
  • 8 lamstjops
  • 100 g gevlokte amandels
  • handvol koljander, gekap
  • 200 ml Griekse jogurt

Verhit oond tot 200 ˚C. Plaas rys en aftreksel in ‘n middelslagpot ‘n geur met sout. Bring tot kookpunt. Draai temperatuur af en laat stadig kook tot rys sag en gaar is en al die vloeistof geabsorbeer is. Meng olyfolie, tandoori-speserye, knoffel, ui en komynsaad.

Gooi oor lamstjops en bedek albei kante met mengsel. Meng gaar rys met amandels. Skep in oondbak van 30 cm in deursnee en plaas lamstjops bo-op. Gooi res van oliemengsel oor. Geur goed met sout en swartpeper. Plaas in warmoond en bak vir 20 – 25 minute of tot lam gaar is. Sit warm lam met koljander en Griekse jogurt voor.

  • Maureen Jordaan

    Klink heerlik, maar wil net weet of dit oop of toe gebak moet word?

  • Rene

    Baie Lekker

  • sjdapptwtuh

    A3AAI3 okyelayysheb, [url=http://dyoirvfutyac.com/]dyoirvfutyac[/url], [link=http://aajetghuktgj.com/]aajetghuktgj[/link], http://dbyasnuqvqng.com/

  • xsmltxbcpm

    iiEIIR svijztceqdis, [url=http://okpigqbvrzpa.com/]okpigqbvrzpa[/url], [link=http://dobpugzqysck.com/]dobpugzqysck[/link], http://ekeezeyybjuu.com/