sk0907winter05
Resepte

Gebraaide ham-en-mozzarella-broodjies

2 porsies

  • 4 snye brood
  • botter, om die brood mee te smeer
  • 250 g mozzarella-kaas, in skywe gesny
  • 4 snye ham
  • 8 vars basiliekruidblare

Verhit oond tot 160 °C. Smeer brood met botter. Plaas kaas op elke sny brood en 2 snye ham elk op 2 van die snye brood. Sit vars basiliekruidblare bo-op ham. Maak toe met ander 2 snye brood (wat ook kaas op het). Smeer een kant van elke broodjie met nog botter. Plaas broodjies in ’n warm pan, botterkant na onder. Smeer nou boonste kant van broodjies ook met botter. Druk broodjies effens plat met ’n eierspaan. Draai broodjies om en braai aan die ander kant. Plaas broodjies op ’n bakplaat en sit in die warm oond sodat kaas verder kan smelt.

Om te drink
Delheim se 2009-rosé.