Foto's deur Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Gebraaide steak met polenta

(4 – 6 PORSIES)
20 MINUTE

  • 1 liter melk
  • 15 ml vars origanum, gekap
  • 250 ml (200 g) polenta
  • 60 g parmesaan-kaas, gerasper
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 100 g botter
  • 30 ml gemengde kruie
  • 60 ml olyfolie
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • 6 x 200 g-sirloin

Bring melk en origanum tot kookpunt oor matige hitte. Gebruik ’n draadklitser en klits polenta stadig by. Hou aan klits tot mengsel dik is. Verlaag hitte en hou aan roer tot mengsel gaar is, sowat 5 minute. Verwyder van hitte en voeg parmesaan by. Roer tot gladde, romerige mengsel en geur goed met sout en peper. Meng nou botter en kruie tot gladde mengsel en sit in yskas tot gestol. Verhit ’n riffelpan tot vuurwarm sodat die rook letterlik daaruit draai. Sprinkel olyfolie, sap en skil van suurlemoene oor sirloin.
Geur goed met sout en swartpeper. Plaas in warm pan en braai vir sowat 5 minute per kant vir mediumgaar of langer soos jy verkies. Sit steak voor met romerige polenta en kruiebotter.