Foto deur Mickey Hoyle SARIE KOS DES 13/JAN 14

Resepte

Geglasuurde gerookte eisbeins (Varkskenkels)

Dié manier van eisbeins gaarmaak laat my dink aan klein hamme. Dit bring nog ’n bietjie Kersfees-nostalgie na die tafel.
Genoeg vir 6

• 3 gerookte eisbeins, sowat 1 kg elk
• 3 lourierblare
• 6 heel naeltjies
• 1 ui
• 1 wortel
• 400 g (500 ml) sagte bruinsuiker
• 375 ml lemoensap

Plaas die eisbeins in ’n groot kastrol. Vul kastrol met koue water en maak seker die eisbeins is bedek. Voeg lourierblare, naeltjies, ui en wortel by. Bring tot kookpunt en laat kook 1 uur. Haal vleis versigtig uit water en laat effens afkoel. Trek vel van eisbeins af, maar maak seker die vetgedeelte bly behoue. Verhit oond tot 180 °C. Gooi suiker en lemoensap in ’n kastrol. Bring tot kookpunt om glasuursel te maak. Laat prut sowat 3 minute. Plaas eisbeins in oondbraaibak en sny ’n kruis net-net deur die vetlagie. Gooi die glasuursel oor die eisbeins en plaas in oond vir nog 1 uur. Bedruip vleis elke nou en dan met glasuursel. Haal uit oond en laat afkoel.