Foto deur Micky Hoyle
SARIE KOS Augustus/September 2014

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS Augustus/September 2014

Resepte

Gekrummelde varkpote

In die restaurant Au Pied de Cochon het my man, Emile, hierdie gereg bestel – die spesialiteit van die eetplek. Terug by die huis het ek dit self gemaak – en dis vingeraflek-lekker.

Genoeg vir 4
• 500 ml beesaftreksel
• 750 ml witwyn
• 2 wortels, geskil en in groot stukke gesny
• 2 heel uie
• 2 lourierblare
• 2 takkies pietersielie
• 2 takkies vars tiemie
• 4 varkpote
• 4 eiers, geklits
• 400 ml droë broodkrummels
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 200 g (220 ml) botter, gesmelt

Gooi aftreksel, witwyn, wortels, uie, lourierblare, pietersielie en tiemie in ’n groot kastrol. Bring tot kookpunt en voeg varkpote by. Voeg kookwater by tot pote bedek is. Maak kastrol toe en verlaag hitte. Kook 2½ uur tot pote sag is. Haal versigtig uit en laat afkoel (die vloeistof gooi jy weg). Verhit oond tot 200 °C. Doop varkpote in eier. Geur brood krummels met sout en peper. Bedek pote baie goed met broodkrummels. Gooi van die gesmelte botter in ’n bakplaat. Plaas pote bo-op en gooi nog klein bietjie van die botter-oor. Plaas in oond en oondbak tot krummels bros en goudbruin is. Draai pote om en gooi nog ’n bietjie gesmelte botter oor. Oondbak nog sowat 15 minute. Sit warm voor saam met tjips, vars suurlemoen, groenslaai en mosterd. Jy kan ook ’n béarnaise-sous saam voorsit