Foto's deur Donna Lewis

Foto's deur Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Gekrummelde varktjops

(4 porsies)

  • 250 g broodkrummels
  • handvol vars gemengde kruie (tiemie, roosmaryn en origanum), gekap
  • 8 varktjops
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 2 eiers, geklits
  • 60 ml olyfolie
  • 6 aartappels, gekook tot sag
  • 150 ml melk
  • 60 ml botter
  • 5 ml neutmuskaat, gerasper
  • 250 ml tzatziki (koop dit sommer)

Meng broodkrummels en kruie. Geur varktjops met sout en swartpeper. Doop tjops in geklitste eier en dan in broodkrummels. Verhit olyfolie en braai varktjops sowat 5 – 8 minute per kant tot goudbruin en gaar. Druk gaar aartappels fyn met ‘n aartappeldrukker terwyl dit nog warm is. Voeg melk, botter en neutmuskaat by. Meng goed tot glad en romerig. Geur met sout en swartpeper. Sit warm tjops voor met kapokaartappels, tzatziki en slaai van jou keuse.

Gebruik hoenderborsies as jy dit verkies. Slaan hulle effens plat met ‘n vleishamer.

  • Pieter Groenewald

    Ek het nog altyd gesoek vir ‘n resep vir gekrummelde varktjops. Ek het nou een gekry en ek gaan beslis hierdie resep uitprobeer. Baie dankie.

  • Owen Zimmerman

    Wat n liplekker resep !!!! , Als het so mooi en smmaklik voorgekom.

    Het julle nie nog gekrummelde varktjops resepte nie?

  • rounel

    Daai onwettige varktjopie sal nou baie smaaklik afgaan hier in Kuwait!!!!!!

  • linda

    wat kan jy doen dat die varktjops nie so droog is nie