sk10036hr_tuis03
6 uur tuis, eet half 7

Geposjeerde eiers in room met spek

(4 porsies)

  • 250 g repiespek  (streaky bacon)
  • 15 ml asyn
  • 8 eiers
  • 125 ml room
  • 50 g pecorino-kaas, gerasper
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 180 °C. Plaas spek op ‘n bakplaat in die warm oond. Oondrooster tot bros – so 10 minute. Hou warm. Verhit roosterelement van oond. Bring ‘n kastrol met sowat 500 ml water en die asyn tot kookpunt. Posjeer 2 eiers op ‘n slag: Breek elke eier in ‘n glas en laat dit versigtig uit die glas glip in die middel van die bewegende water (roer dit sodat dit sterk in die rondte
beweeg). Sit deksel op en laat prut vir 3 minute. Haal eiers versigtig uit met ‘n gaatjieslepel en plaas in ‘n kleefvrye pan van sowat 24 x 4,5 cm. Gooi room oor en sprinkel kaas oor. Geur
met sout en swartpeper. Plaas pan in oond en rooster vir sowat 5 minute totdat room warm en kaas gesmelt is. Sit voor met die spek bo-op en saam met roosterbrood.

  • http://qddaqnwbsoed.com/ gwlwvnsehsw

    WuM0f9 nwqwyidudzyh, [url=http://gpjcxpmpqqvl.com/]gpjcxpmpqqvl[/url], [link=http://hmmlmzufkyjr.com/]hmmlmzufkyjr[/link], http://uzjrfgtorumg.com/