Resepte

Gerookte beesvleis en vars vye broodjie

Interessante oop broodjies

Geroosterde panini’s maak smullekker happies. Wees net vindingryk met wat jy bo-op sit. Rooster panini-broodjies só Verhit rooster-element van die oond. Halveer panini-brode in lengte en sit op bakplaat. Sprinkel bietjie olyfolie oor en sit in oond. Rooster tot bruin. Jy kan die broodjies ook in ‘n riffelpan braai – sprinkel dan net ná die tyd bietjie olyfolie oor.

(vir 2 panini’s)

  • 1 panini-brood, gerooster soos beskryf
  • vars roket
  • 4 snye gerookte beesvleis
  • 1 vars vy, in kwarte gesny
  • olyfolie om bo-op te sprinkel

Plaas vars roket op elke sny brood. Rangskik vleis bo-op. Sit 2 kwarte van die vy op elke broodjie en sprinkel met olie.