sr1212_kersfees_kos_9_
Resepte

Gerookte ham met heuning, mosterd en nartjie

(genoeg vir 12)

  • 1 groot gerookte ham (gammon), been en vel aan (die een op die foto is 4 kg groot)
  • 2 uie, gehalveer
  • 4 lourierblare
  • 10 swartpeperkorrels
  • hand vol heel naeltjies

Glasuursel

  • 1 x 500 g-bottel heuning
  • 60 ml korrelmosterd
  • 500 ml nartjiesap (of lemoensap)
  • skil en segmente van 4 nartjies (of lemoene)

Plaas ham in groot kastrol. Voeg ui, lourierblare en peperkorrels by. Bedek met water en bring tot kookpunt oor hoë hitte. Kook 30 minute per 500 g, minus 30 minute vir die tyd wat die ham moet bak. (Die 4 kg-ham het 3½ uur lank gekook.) Haal versigtig uit water en trek vel af ter wyl nog warm sodat die vetlaag wys. Sit in oondroosterpan. Gebruik ’n skerp mes en sny ’n diamantpatroon in die vetlaag. Druk ’n naeltjie in elke vetdiamant. ( Jy kan dit alles die dag voor jy die ham gaan voorsit, doen.)

Glasuursel

Verhit oond tot 180 °C. Plaas al die bestanddele, behalwe die nartjie-segmente, in ’n middelslag-pot en bring tot kookpunt. Laat prut vir 1 minuut en ver wyder van hitte. Gooi hele mengsel oor ham. Plaas ham oop in oond en rooster vir 30 minute. Skep elke 10 minute van die glasuursel in die pan oor. Bak tot ham goudbruin is. Sit op mooi opdienbord en strooi nartjie-segmente oor. Sit voor.