Foto deur  Micky Hoyle
SARIE KOS OKT/NOV 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS OKT/NOV 2013

Resepte

Geroosterde beeslende in ’n sakkie

Die marinade in die resep werk goed saam met dié beesvleissnit. Die snit oondbraai ook heerlik in ’n baksakkie.
Genoeg vir 4 – 6

• 100 ml tamatiesous
• 50 ml sojasous
• 100 ml worcestersous
• 100 ml blatjang
• 3 knoffelhuisies
• 1,2 kg beeslende

Meng tamatiesous, sojasous, worcestersous, blatjang en knoffel saam in ’n mengbak om marinade te maak. Plaas beeslende in ’n groot baksakkie. Gooi marinade in en druk al die lug uit die sakkie. Bind styf toe en plaas in die yskas. Marineer sowat 4 uur. Verhit oond tot 180 °C. Plaas baksakkie op ’n bakplaat en prik sakkie met ’n vurk. Plaas in oond en oondbraai 1 uur 15 minute. Sny sakkie oop en plaas beeslende in oondbraaibak. Gooi marinade oor en oondbraai nog 25 minute.