sk090106hr_tuis10
6 uur tuis, eet half 7

Geroosterde lamsribbetjies

4 porsies

  • 900 g lamsribbetjies
  • 250 ml marinade
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Bedek ribbetjies met marinade – maak seker dis góéd bedek. Voer ’n bakplaat uit met tinfoelie en sit ribbetjies daarop (dit keer dat marinade aan die bakplaat vasbrand). Maak seker daar’s genoeg spasie tussen die ribbetjies. Geur met sout en swartpeper. Rooster onder die roosterelement vir sowat 15 minute – smeer af en toe van die marinade oor en draai elke 3 minute. Sit voor saam met mielies en botter.