Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS OKT/NOV 2013

Resepte

Geroosterde Lamsribstuk

Hierdie gereg is so maklik, al wat jy hoef te doen is om dit te geur, in die oond te plaas en die tyd dop te hou.
Genoeg vir 6

• 60 ml olyfolie
• 3 lamsribstukke van 550 g elk
• sap van 1 suurlemoen
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 4 takkies vars roosmaryn se blaartjies, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Sprinkel helfte van olie op ’n bakplaat. Plaas ribstukke op bakplaat. Gooi suurlemoensap oor. Smeer knoffel en roosmaryn oor vleis. Geur met sout en peper. Plaas in oond en oondbraai sowat 1 uur – sien wenk. Haal uit en laat rus. Sny elke rugstuk in twee en sit warm voor met gebraaide gnocchi en gebraaide aspersie en sneeu-ertjies.

Wenk
Om ’n ribstuk te oondbraai: 25 minute vir elke 500 g plus nog 25 minute.