Foto deur Mocky Hoyle

Foto deur Mocky Hoyle

Resepte

Geroosterde varkblad met vinkel

Vinkel is ʼn baie goeie pasmaat vir varkvleis. Dit smaak soos liquorice.

(4 – 6 porsies)

  • 60 ml olyfolie
  • 2 vinkelknolle
  • 1 ontbeende varkblad (sowat 1,3 kg)
  • 3 knoffelhuisies, fyngedruk
  • sap van 1 suurlemoen
  • sout en varsgemaalde
  • swartpeper

Verhit oond tot 180 ºC. Gooi helfte van olyfolie in oondbraaibak. Sny die fyn blaartjies en steelgedeelte van die vinkel af. Sny die knolgedeelte in dun skywe. Hou die fyn blaartjies. Plaas vinkel in oondroosterbak. Maak vlak kepe in velgedeelte van varkblad, so 1 cm uitmekaar. Smeer fyngedrukte knoffel oor varkblad en plaas in oondroosterbak, kepe bo. Gooi suurlemoensap oor en geur met sout en peper. Snipper van die vinkelblaartjies oor die varkblad en plaas bak in oond. Oondbraai oop vir sowat 1½ – 2 uur, tot vel bros is. Sit warm voor saam met mosterdsous.