sr1306koshoof_5_
Resepte

Gestoofde beeskortribbetjies

(genoeg vir 8)

  • 60 ml botter
  • 10 (1,5 kg) bees-kortribbetjies
  • 60 ml gerookte paprika
  • 2 uie, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 30 ml vinkelsaad
  • 1 hand vol tiemie, gekap
  • 2 x 410 g-blikke kersietamaties
  • 45 ml bruinsuiker
  • 250 ml lamsaftreksel
  • 250 ml witwyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 160 °C.Smelt botter in middelslag-pot. Rol ribbetjies in paprika en plaas met vetkant na onder in warm botter. Braai vir 8 – 10 minute of tot vet goudbruin is. Haal vleis uit pot. Plaas uie, knoffel, vinkel en tiemie in dieselfde pot en roerbraai vir 5 – 8 minute of tot uie begin verbruin.

Voeg res van bestanddele by en bring tot kookpunt. Skep ribbetjies terug in sous, vetkant na bo. Geur goed met sout en swartpeper. Bedek met foelie en oondrooster vir sowat 6 uur of tot vleis van die been afval. Haal uit oond en sit voor met kapokaartappels of maak aartappelkluitjies volgens die resep op die web.