Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUN/JUL 2012

Resepte

Geurige varkvleis

(4 porsies)

  • 30 ml olyfolie
  • 1 kg varkvleisblokkies
  • 4 chorizo-worse, in skywe gesny
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 1 blik (400 g) gekapte tamaties
  • 10 ml fyn koljander
  • 10 ml fyn komyn
  • 3 ml fyn kaneel
  • 1 blik (400 g) kekerertjies (chickpeas)
  • 375 ml witwyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 100 g ontpitte groen olywe

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olyfolie in diep pan. Braai varkvleis tot bruin. Voeg chorizo by en braai sowat 3 minute. Voeg ui en knoffel by en braai tot ui sag is. Voeg res van bestanddele by, behalwe die olywe. Geur met sout en peper. Maak toe met deksel en plaas in oond. Laat oondbraai vir 21/2 uur. Voeg olywe die laaste halfuur by.