Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUN/JUL 2014

Resepte

Gevulde sardientjies in spek

Genoeg vir 6

• 3 snye witbrood
• 50 g (60 ml) botter, gesmelt
• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• hand vol pietersielie fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 6 sardientjies, skoongemaak
• 6 repe strepiespek
• sowat 60 ml olyfolie
• vars lemmetjies

Verhit oond tot 220 °C. Breek brood in stukke en kap fyn in voedselverwerker om broodkrummels te maak. Gooi krummels in ’n bakkie en voeg gesmelte botter, knoffel en pietersielie by. Geur met sout en peper en meng goed. Voer ’n bakplaat uit met foelie. Vul sardientjies met broodvulsel. Draai een reep spek om elke sardientjie en plaas op bakplaat. Sprinkel olyfolie oor en oondbraai 10 – 15 minute in warm oond tot spek bros is. Sit voor saam met vars lemmetjies.