Foto deur Donna Lewis

SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Lae GI

Griekse lam-en-bonebredie

Fetakaas, lam en bone sorg vir ʼn lekker warm-van-binne-gereg.
(genoeg vir 8 – 10)

  • 60 ml kanola-olie
  • 2 uie, gekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 kg lamsblokkies
  • 4 takkies roosmaryn
  • 1 x 690 g-bottel tamatiepuree
  • 1 x 200 g-buis tamatiepasta
  • 1 x 410 g-blik tamaties
  • 1 liter lamaftreksel
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 2 x 410 g-blikke botterbone
  • 4 wiele laevet-fetakaas
  • 100 g-houer basiliekruidpesto

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olie in middelslag-pot. Voeg uie en knoffel by en roerbraai tot begin verbruin. Voeg lamblokkies by en braai nog 5 minute. Voeg roosmaryn by en braai nog 2 minute. Voeg tamatiepuree, -pasta en blik tamaties by. Meng deur. Voeg aftreksel by en meng deur. Geur goed met sout en peper. Plaas in oond en bak 2 uur of tot vleis sag is. Dreineer bone en meng deur. Krummel feta oor en skep pesto oor. Sit voor.