Foto deur Donna Lewis SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Lae GI

Groenboontjie-en-lamskerriebredie

Tradisioneel altyd met ʼn sagte witpeper-brandsmakie.
(genoeg vir 6)

  • 60 ml kanola-olie
  • 500 g kort lamskenkels
  • 2 uie, fyngekap
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 45 ml komynsaad
  • 6 kardemompeule, oopgebreek
  • 30 ml vinkelsaad
  • 30 ml fyn koljander
  • 2 lourierblare
  • 30 ml masala
  • 20 ml borrie
  • 1 cm-stuk vars gemmer, gerasper
  • 1 x 410 g-blik tamaties
  • 1 x 400 ml blik klappermelk
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 200 g-pakkie groenbone

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olie in middelslag-pot. Voeg lam by en roerbraai tot goudbruin, so 8 – 10 minute. Verwyder uit pot en hou eenkant. Gooi uie en knoffel in dieselfde pot. Roerbraai 3 – 5 minute of tot begin verbruin. Voeg al die speserye by en braai nog 3 – 5 minute of tot geure loskom. Voeg gemmer by en braai nog 1 minuut. Voeg tamaties by en roer deur. Gooi klappermelk by en meng deur. Geur goed met sout en peper. Gooi gebraaide vleis in sous en voeg groenbone by. Sit deksel op en sit in warm oond vir 2 – 3 uur of tot vleis van bene afval. Sit voor.

Totale kj 1404,8; totale proteïen 18,5g;
totale koolhidrate 5,3; totale vet 26,6g