Guacamole-burger sonder rolletjie
Resepte

Guacamole-burger sonder rolletjie

Voorbereiding: 10 minute

Braaityd: 30 minute

(4 porsies)

Verhit oond tot 200 °C. Druk die vleis van 500 g varkworsies uit. Meng dit met 500 g maalvleis, 1 fyngekapte rooi-ui, tiemieblaartjies van sowat 6 takkies, gerasperde skil van 1 suurlemoen, 3 fyngekapte knoffelhuisies en 1 eier. Geur met sout en peper. Vorm 4 groot burgers met jou hande. Verhit 50 ml olyfolie in pan (wat jy in die oond kan sit) en braai burgers weerskante tot mooi bruin. Plaas pan in warm oond en rooster vir sowat 20 minute tot gaar. Vir die guacamole, meng 1 avokado, 2 fyngekapte knoffelhuisies en sap van 1 suurlemoen. Sny 100 g klein rosa-tamaties in blokkies en voeg by. Geur met sout en peper. Smelt 30 ml botter in pan en braai 180 g suiker-ertjies vir 3 minute. Skep guacamole op elke burger. Sit voor met suiker-ertjies en groenslaai.