Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Resepte

Harira

(4 PORSIES)

  • 30 ml olyfolie
  • 1 groot ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, gekneus en fyngekap
  • 500 g lamskouer of -boud, in blokkies gesny
  • paar lam-sopbene (opsioneel)
  • 10 ml fyn komyn
  • 5 ml fyn koljander
  • 10 ml paprika
  • 15 ml vars gemmer, gerasper
  • 1 liter water
  • 2 x 400 g-blikke kekerertjies
  • 2 x 400 g-blikke tamatie
  • 45 ml tamatiepasta
  • 1 klein bossie vars pietersielie, gekap
  • 1 klein bossie vars koljander, gekap
  • swart olywe, vir voorsit
  • harissa-pasta, vir voorsit (kyk by supermark se spesery-rak)
  • vars Italiaanse pietersielie

Verhit olie in ’n pot en braai ui tot deursigtig en goudbruin. Voeg knoffel by en braai vir ’n paar sekondes. Skep alles uit die pot en hou eenkant. Verhit dieselfde pot en braai vleisstukkies en sopbene bietjies op ’n slag. Voeg speserye by en braai verder vir 2 – 3 minute om die olies en geure vry te stel. Gooi ui en knoffel terug in pot, voeg water by en bring tot kookpunt. Verlaag hitte en voeg kekerertjies, geblikte tamatie en tamatiepasta by. Prut saam vir ongeveer ’n uur. Roer van tyd tot tyd. Die vleis moet baie sag wees en die sop moet ’n romerige voorkoms hê. Sprinkel pietersielie en koljander oor die sop en kook vir ’n verdere 15 minute. Verwyder lamsopbene. Sit voor met swart olywe, ’n lepel harissa-pasta en vars Italiaanse pietersielie.