sk0709budget01
Resepte

Herderspastei

4 porsies

• 45 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• 3 wortels, in klein blokkies gesny
• 1 kg maalvleis
• 1 blik (410 g) gekapte tamaties
• 5 ml gemengde droë kruie
• 250 ml beesvleis-aftreksel
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 30 ml mielieblom
• 100 ml water

Bolaag

• 5 groot aartappels, geskil
• 30 ml botter
• 100 ml warm melk
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 180ºC. Kook aartappels vir bolaag tot sag en geur met sout. Verhit olie in ’n kastrol. Braai ui, knoffel en wortels saam vir 3 minute. Voeg maalvleis by en braai tot dit los en nie meer pienk is nie. Gooi tamaties, kruie en aftreksel by. Geur met sout en swartpeper. Laat prut vir 40 minute. Meng mielieblom met water tot ’n gladde pasta. Voeg by die vleismengsel en kook tot verdik. Gooi mengsel in ’n oondbak van so 30 x 25 cm. Dreineer gaar aartappels. Druk fyn en roer botter by. Voeg melk by en geur. Skep kapokaartappels bo-op vleis en bak vir 30 minute tot goudbruin.