sk08_2diabete03
Diabeties

Herderspastei met patat-bolaag

(4 porsies)

  • 15 ml olyfolie
  • 300 g ekstra-maer beesmaalvleis
  • 300 g volstruismaalvleis
  • 1 rooi-ui, fyngekap
  • 2 wortels, in klein blokkies gesny
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 4 tamaties, in blokkies gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 5 ml droë gemengde kruie
  • 500 g patats, geskil en in blokke gesny
  • 15 ml laevet margarien
  • 80 ml laevet melk

Verhit die olyfolie in ’n pan. Braai albei soorte maalvleis saam tot net gaar. Voeg die gekapte ui, wortels en knoffel by. Braai verder vir sowat 8 minute tot die ui en wortels effens sag is. Voeg die gekapte tamaties by en roer deur. Geur met sout, swartpeper en gemengde kruie. Bedek en kook stadig vir 10 – 15 minute. Kook intussen die patats tot sag. Verhit ook jou oond tot 180 °C. Dreineer die patats wanneer gaar. Druk onmiddellik fyn en voeg die margarien by. Meng goed. Verhit die melk effens en voeg dit by die patats. Geur met sout en swartpeper. Die mengsel moet so dik soos ligte kapokaartappels wees. Skep die vleisvulsel in vier oondbakkies of in een groot bak. Skep die patatmengsel bo-op en bak vir sowat 45 minute.