sk0212vinnig20
Resepte

Hoender-en-uie-broodjie

(4 porsies)
Plaas 15 ontbeende hoenderdye, sap van 1 suurlemoen, 60 ml olyfolie, 10 ml gekapte groen brandrissie en 2 fyngekapte knoffelhuisies in ’n bak en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Laat marineer sowat 10 minute. Verhit 60 ml olyfolie en 60 ml botter in ’n diep pan. Voeg 6 gesnyde uie by en maak toe met deksel. Braai oor lae hitte tot sag en haal deksel af. Braai verder tot goudbruin. Verhit nog ’n diep pan en braai gemarineerde hoender tot gaar. Sny 2 klein Franse brode oop, plaas 40 g bronkors bo-op en verdeel hoender tussen die brode. Skep uie bo-op, maak toe en sny elke brood in helfte. Sit dadelik voor.