FOTO Micky Hoyle
SARIE KOS JUN/JUL 2014

FOTO Micky Hoyle SARIE KOS JUN/JUL 2014

Resepte

Kalfvleistjops met saliebotter

Dié soort tjops is nie oral beskikbaar nie, maar vra jou slagter, ek is seker hy sal kan help.

genoeg vir 5

• 5 kalfsvleistjops, sowat 1,5 kg in totaal
• 60 – 80 ml olyfolie
• sap van 1 suurlemoen
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 150 g (160 ml) botter
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 20 g vars salieblare

Verhit oond tot 180 °C. Plaas tjops in ’n bak. Gooi olyfolie en suurlemoensap oor. Draai tjops ’n paar keer om om seker te maak dis weerskante bedek met olie-ensapmengsel. Geur met sout en peper. Verhit ’n kleefvrye pan en braai tjops tot mooi bruin aan die een kant. Draai om en braai tot ander kant ook mooi bruin is. Haal tjops uit pan – hou pan eenkant – en plaas tjops op ’n bakplaat. Sit in oond en oondbraai sowat 15 minute. As jy van gaarder tjops hou, kan jy dit langer in die oond hou. Terwyl die tjops oondbraai, verhit die kleefvrye pan waarin jy die tjops gebraai het. Laat botter in die pan smelt. Voeg knoffel en salieblare by. Braai tot botter net bruin begin word. Haal tjops uit oond en gooi sous oor.