Foto's deur Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Kapokaartappels met frikkadelle en tamatie

(2 PORSIES)
25 MINUTE

  • 4 aartappels, geskil
  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, ringe gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 x 400 g-blik tamaties
  • 200 ml rooiwyn
  • 45 ml botter
  • 100 ml melk
  • 6 frikkadelle (kyk by jou supermark vir klaargemaakte frikkadelle)
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 200 °C. Sny aartappels in klein blokkies en plaas in ’n groot pot met water. Bring tot kookpunt en kook tot sag, sowat 10 – 15 minute. Terwyl aartappels kook, verhit jy die olie in ’n medium-groot pan. Voeg uie en knoffel by. Braai liggies vir 5 minute of tot begin verbruin. Voeg tamatie en rooiwyn by. Verlaag hitte en prut vir 10 minute. Dreineer aartappels. Voeg botter en melk by. Gebruik ’n aartappeldrukker en druk tot gladde puree. Geur goed met sout en peper. Plaas frikkadelle in oondpan en bak vir 10 minute of tot goudbruin en gaar. Sit voor met warm aartappels en tamatie-sous.