Foto deur Micky Hoyle
SARIE KOS Augustus/September 2014

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS Augustus/September 2014

Resepte

Karoo-lamskenkel-pot-au-feu

’n Eenpotgereg met lampleks van beesskenkels.

Genoeg vir 4
• sowat 60 ml olyfolie
• 1 selderystingel, gekap
• 2 wortels, geskil en in skywe gesny
• ½ ui, fyngekap
• 3 liter water
• 4 groot lamskenkels
• 2 lourierblare
• 4 takkies vars tiemie
• 4 takkies pietersielie
• 10 swart peperkorrels
• sout en varsgemaalde swartpeper
• sowat 60 ml olyfolie
• 4 aartappels, geskil
• 2 lang selderystingels, gehalveer
• 10 klein worteltjies
• 6 wit wortels
• 4 groot heel preie, goed afgespoel
• sowat 30 ml fyngekapte pietersielie

Verhit olie in ’n groot kastrol. Braai seldery, wortels en ui tot sag. Skep uit en hou eenkant. Gooi water in dieselfde kastrol en bring tot kookpunt. Gooi groente terug
in kastrol en plaas skenkels in. Voeg lourierblare, tiemie, pietersielie en peperkorrels by. Maak kastrol toe met deksel en laat prut so 2 uur (na gelang van hoe groot skenkels is) tot sag. Verhit oond tot 180 °C. Haal skenkels versigtig uit aftreksel in kastrol en plaas in oondbraaibak. Behou aftreksel. Sprinkel 60 ml olyfolie oor skenkels in oondbak en geur met sout en peper. Bak skenkels sowat 30 minute in oond tot bruin. Plaas aartappels in ’n kastrol en bedek met water. Bring tot kookpunt en kook tot sag. Haal uit water en hou eenkant. Gooi aftreksel deur ’n sif. Gooi groente weg wat in sif agterbly. Bring aftreksel weer tot kookpunt en geur met sout en peper. Voeg seldery, worteltjies, wit wortels en preie by aftreksel. Laat kook so 10 minute tot net sag. Voeg aartappels by aftreksel en laat staan so 2 minute tot warm. Haal skenkels uit oond en plaas op opdienbord. Skep groente uit aftreksel en rangskik om skenkels. Gooi aftreksel in sousbeker en sit voor saam met gereg.