Foto's deur Donna Lewis

Foto's deur Donna Lewis

Resepte

Karringmelk-lamskebab met tamatie-salsa

6 porsies

  • 500 ml karringmelk
  • 1 hand vol gemengde kruie, fyngekap (roosmaryn, tiemie, origanum)
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • 500 g lamsblokkies
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 6 hout-kebabstokkies

Salsa

  • 6 tamaties, gehalveer en pitte uitgehaal
  • ½ rooi-ui, fyngekap
  • 1 klein (200 g) komkommer, in blokkies gesny
  • 2 knoffelhusies, fyngekap
  • 45 wit wynasyn
  • sap en skil van 1 suurlemoen

Meng karringmelk, kruie, sap en skil van 2 suurlemoene saam. Voeg lamsblokkies by en laat marineer 4 – 6 uur of oornag. Geur goed met sout en swartpeper. Verdeel lamsblokkies tussen kebabstokkies.

Kry kole reg tot medium-warm terwyl jy solank die salsa maak: Gebruik ’n skerp mes en sny tamaties in klein blokkies. Voeg res van bestanddele by en meng goed. Geur met sout en swartpeper. Braai kebabs oor warm kole vir sowat 3 – 5 minute per kant of tot goudbruin en gaar. Terwyl kebabs braai, kan jy dit verf met die marinade om dit ekstra geur en smaak te gee. Sit warm voor met salsa.