Kebabs van ribsteak & spek

Kebabs van ribsteak & spek FOTO: Micky Hoyle

Resepte

Kebabs van ribsteak & spek

Braaivleis op ń stokkie
Somer en son is sinoniem met vakansie in Suid-Afrika – en natuurlik ook braaivleis. Ek hou veral van kebabs, want dit braai maklik in ń toeklaprooster.

’n Ander manier om steak lekker voor te sit. Braai die kebabs tot so gaar as wat jy dit wil hê, maar ek sal voorstel dit moet nog effens pienk wees.My weergawe: Kebabs van ribsteak & spek

genoeg vir 6

• 6 ribsteaks van so 3 cm dik
• 500 g strepiespek (streaky)
• 6 kebabstokke, in water geweek Marinade
• 190 ml tamatiesous
• 125 ml worcestersous
• 125 ml blatjang
• 80 ml sojasous
• 2 knoffelhuisies, fyngekap

Sit die 6 ribsteaks op ’n werkvlak en sny hulle middeldeur sodat daar 12 steaks van 1,5 cm dik is. Halveer nou elke stuk in die lengte. Die steakrepe moet net so breed wees soos die spek. Plaas ’n reep spek op ’n werkvlak. Plaas ’n reep steak bo-op en rol op. Ryg op ’n kebabstokkie – 4 stukke per stokkie. Herhaal met res van vleis. Plaas kebabs in ’n plat bak. Meng al die marinade-bestanddele goed saam en gooi oor kebabs. Maak seker die kebabs is weerskante goed bedek met marinade. Laat marineer 1 uur – as dit ’n baie warm dag is, kan jy dit in die yskas marineer. Kry
die kole gereed en braai dan die kebabs tot so gaar as wat jy dit verkies. Verf die kebabs deurentyd met marinade.

Kebabs van ribsteak & spek

Kebabs van ribsteak & spek
FOTO: Micky Hoyle