1D0A0084_re
VIA

Kerrie-sosaties met gemmer

My weergawe van ’n ou SA gunsteling, ’n ete op sy eie!

genoeg vir 4

• 45 ml olyfolie
• 1 ui, gekap
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 40 ml (1 cm) vars gemmer, gerasper
• 60 ml medium kerriepoeier
• 2 lourierblare
• 750 ml witwyn-asyn
• 200 ml fyn appelkooskonfyt
• 30 ml koekmeel
• 30 ml water
• 1 beesfilet, in blokkies gesny
• 200 g Turkse appelkose
• sosatiestokke of gemmerriete

Verhit olyfolie tot warm in groot pot. Voeg uie, knoffel en gemmer by. Roerbraai vir 2 minute. Voeg kerriepoeier by en braai nog 1 minuut. Voeg lourierblare, asyn en appelkooskonfyt by. Bring tot kookpunt en kook vir 2 minute. Meng meel en water saam en gooi by mengsel terwyl jy roer. Kook vir 5 minute.

Ryg blokkies vleis om die beurt met appelkose op sosatiestokke (of op gemmerriete, soos ek maak). Gooi warm asyn-mengsel oor en marineer vir 2 uur. Braai oor warm kole tot goudbruin en gaar. Sit voor met jogurt.