6 uur tuis, eet half 7

Kerriemaalvleis op roti met sambal

(4 – 6 porsies)

• 45 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 15 ml masala
• 30 ml kerriepoeier
• 500 g maalvleis
• 250 g gemengde groente
• 200 ml beesaftreksel
• 60 ml blatjang
• 30 ml appelkooskonfyt
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 30 ml olyfolie
• 6 roti’s

Vir die sambal

• 2 tamaties in blokkies gesny
• 1 ui, grofgekap
• hand vol koljander, gekap

Verhit olyfolie in ‘n middelslagpot tot warm. Voeg ui en knoffel by. Braai liggies vir sowat 5 minute. Voeg masala en kerrie by. Braai 2 minute. Voeg maalvleis by en roerbraai vir 10 – 12 minute of tot die vleis gaar is. Voeg groente, aftreksel, blatjang en konfyt by. Verlaag hitte en laat stadig prut vir sowat 15 minute. Geur goed met sout en peper. Sambal Meng intussen bestanddele vir sambal en hou eenkant. Braai roti’s volgens verpakkingsaanwysings in olyfolie en sit warm voor saam met maalvleis en sambal.