sk0909budget01
Resepte

Klein frikkadelle in pitabroodjies

4 porsies

  • 4 snye witbrood
  • 500 g varkmaalvleis
  • 30 ml fyngekapte pietersielie
  • 1 eier, effens geklits
  • 50 g pecorino-kaas, gerasper
  • 30 ml suurlemoensap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 8 pitabrode
  • blaarslaai van jou keuse
  • Bulgaarse jogurt, om saam voor te sit
  • vars suurlemoenskywe

Verhit oond tot 180 °C. Kap brood fyn in voedselverwerker. Meng broodkrummels, maalvleis, pietersielie, eier, kaas en suurlemoensap. Geur met sout en swartpeper. Vorm klein frikkadelle, effens groter as ’n R5-stuk, en plaas in ’n oondbak, styf teen mekaar. Bak vir sowat 30 minute. Sit pitabrode vir so 10 minute in die oond. Sny hulle oop en vul met frikkadelle en blaarslaai. Sit voor met jogurt en vars suurlemoenskywe.