Foto deur Micky Hoyle
SARIE KOS Augustus/September 2014

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS Augustus/September 2014

Resepte

Klein ham-cheddarkaas-en-sampioen-omelet

Resep deur Tanya Pöhl

Genoeg vir 10
• 15 ml olyfolie
• 15 ml botter
• 250 g bruin knopiesampioene, in skywe gesny
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 6 eiers
• 125 ml room
• 150 g wit cheddarkaas, gerasper, plus ekstra vir oorsprinkel
• 30 ml vars grasuie, gekap
• 10 skywe ham

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olie en botter in pan en braai sampioene tot goudbruin. Geur met sout en peper en laat afkoel. Meng eiers, room, kaas en grasuie saam in ’n mengbak en geur met sout en peper. Voeg afgekoelde sampioene by en meng deur. Spuit kleefwerende kossproei in ’n standaard-muffinpan en plaas ’n snytjie ham in 10 van die holtes. Giet sampioenmengsel in elk van die uitgevoerde holtes en sprinkel kaas bo-oor. Bak 20 – 25 minute tot gaar.