6 uur tuis, eet half 7

Klein varkworsies met ertjies

4 porsies

• 30 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 250 g repiespek (streaky bacon), in blokke gesny
• 500 g klein varkworsies
• 1 blik (400 g) gekapte tamaties
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 250 g jong bevrore ertjies

Verhit olyfolie in ‘n diep pan. Braai ui en knoffel saam tot sag en deurskynend. Voeg spek en worsies by en braai totdat spek bros en worsies byna gaar is. Voeg tamaties by en geur met sout en swartpeper. Laat prut vir sowat 10 minute. Voeg ertjies vir so 5 minute by. Sit voor saam met roosterbrood van jou keuse.