Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Resepte

Klewerige ribbetjies

(SOWAT 20 RIBBETJIES)

  • 2 kg ribbetjies

marinade

  • 250 ml tamatiesous
  • 125 ml blatjang
  • 125 ml Worcestersous
  • 60 ml sojasous
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap

Plaas ribbetjies in ’n groot, plat bak. Meng al die bestanddele vir die marinade en gooi dit oor die ribbetjies. Sorg dat die vleis goed bedek is en laat vir 1 uur marineer. Verhit oond tot 200 °C en plaas ribbetjies op ‘n groot bakplaat (uitgevoer met tinfoelie). Plaas in warm oond en rooster vir 30 minute. Draai om en rooster vir nog 30 minute. Hierdie sous sal jou bakplaat baie laat aanbrand. Voer jou plaat uit met tinfoelie en dan gaan jy geen probleme hê nie.

Om te drink: Rib Shack Red van Douglas Green. Dit bevat pinotage en shiraz.