Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS APR/MEI 2014

Resepte

Koolbredie met varklies en brusselse spruite

Pleks van met kool, maak ek die gewilde bredie met Brusselse spruite, wat familie van kool is. Dit werk goed saam met die varkvleis.
Genoeg vir 4

• 800 g ontbeende varklies
• 60 ml olyfolie
• 30 ml suurlemoensap
• 3 knoffelhuisies, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 1 groot rooi-ui, in wiggies gesny
• 300 g vars Brusselse spruite, gehalveer
• 250 ml witwyn

Verhit oond tot 200 °C. Sny varklies in porsie-groottes. Smeer vleisgedeelte van varkporsies met helfte van olyfolie en gooi suurlemoensap oor. Smeer nou knoffel oor vleisgedeelte en geur met sout en peper. Sprinkel res van olyfolie in oondbraaibak. Plaas varkliesstukke in bak saam met ui. Oondbraai 1 uur in warm oond tot velgedeelte lekker bros is. Voeg Brusselse spruite en wyn by. Laat verder oondbraai vir nog 1 uur.