Resepte

Koolslaai-worsrol

  • 100 g tuisgemaakte mayonnaise
  • 50 g roomkaas
  • 20 g heelkorrelmosterd
  • 1 suurlemoen se sap
  • 1/4 van ’n wit kool
  • 1 rooi-ui
  • 1 vinkelbol
  • 3 radyse
  • worsie en broodjie van jou keuse

Meng die mayonnaise, roomkaas, mosterd en suurlemoensap tot glad. Sny die kool, rooi-ui, vinkelbol en radyse in dun repies. Pluk die fyn vinkeltakkies af. Giet die slaaisous oor die gesnyde groente, buiten die radyse, en geur met sout.

Samestelling

Sit worsie van jou keuse in ’n geroosterde broodjie en skep die koolslaai oor. Garneer met gesnyde radyse en fyn vinkeltakkies.