Foto's deur Donna Lewis

Resepte

Korrelmosterd-ribbetjies met komkommersalsa

Genoeg vir 6

• 1 x basiese varkribbetjie-resep (bl. 82)
• 45 ml korrelmosterd (sien bl. 94) salsa
• 1 komkommer, in blokkies gesny
• ½ rooi-ui, baie fyn gekap
• hand vol koljander, fyngekap
• sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
• 1 rooi brandrissie, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper

Kook die ribbetjies in die basiese marinade volgens resep op bl. 82. Verwyder vleis en kook sous af tot dit met 2/3 verminder het. Roer korrelmosterd by mengsel. Sorg dat vuur se kole matig warm is en plaas gekookte ribbetjies in toeklaprooster. Verf met afgekookte
marinade. Braai 5 – 8 minute per kant of tot goudbruin en bros.
Salsa Meng al die bestanddele vir die salsa saam en geur goed met sout en peper. Sit voor saam met warm ribbetjies.