Foto's deur Micky Hoyle

Resepte

Kreefstertjies

(4 – 6 PORSIES)

  • 2 varkfilette
  • 4 varkworsies
  • 500 g repiesspek (streaky bacon)

Sny elke varkfilet in die helfte en sny hulle in die lengte oop. Druk varkworsies uit omhulsel. Plaas dié vleis in die middel van elke filet en maak toe. Draai spek om elkeen, en draai hulle dan een vir een toe in tinfoelie. Plaas die filette op die kole wanneer die temperatuur reg is. Draai ná 10 minute om en braai vir nog 10 minute verder. Haal tinfoelie af en braai tot spek lekker bruin en bros is. Sit voor saam met mosterd van jou keuse.

Om te drink:
Soos ons hierbo noem, is dít geen kreefgereg nie! Rooiwyn pas goed by vark, veral as dit met spek “versier” is. Signal Hill se Threesome, ’n rooi versnit, of die Obikwa Shiraz met sy speserykarakter is goeie pasmaats.