Foto's deur Donna Lewis

Foto's deur Donna Lewis

Resepte

Kruie-ribbetjies met salsa verde

Genoeg vir 6

• 1 x basiese varkribbetjie-resep (bl. 82)
• hand vol vars tiemie, fyngekap
• 3 takkies vars roosmaryn, fyngekap

Salsa verde
• 250 ml pietersielie, fyngekap
• 6 kappertjiesade
• sap en gerasperde skil van suurlemoen
• 80 ml goeie olyfolie
• sout en varsgemaalde swartpeper

Kook die ribbetjies in die basiese marinade volgens resep op bl. 84, maar voeg die kruie by terwyl die vleis kook. verwyder vleis en kook sous af tot dit met 2/3 verminder het. Maak vuur se kole matig warm en plaas gekookte ribbetjies in toeklaprooster. verf met afgekookte marinade. Braai 5 – 8 minute per kant of tot goudbruin en bros.
Salsa verde Plaas al die bestanddele in voedselverwerker en verpulp by hoë spoed tot glad. geur mengsel goed met sout en peper. Sit voor saam met gaar ribbetjies.