Foto deur Lee Malan SARIE KOS DES 13/JAN 14

Kos

Lam-pistasie-en-feta-wraps

Genoeg vir 4 wraps
Gaarmaaktyd: 10 minute

  • 4 tortilla-voupakkies (wraps)
  • 250 ml Griekse jogurt sowat
  • 200 g gaar oorskiet- lamsvleis, fyngekap
  • 40 g gemengde roket en bronkorsblare
  • 1 rooi-ui, fyngekap
  • paar takkies vars kruisement, fyngekap
  • 50 g pistasieneute, uit die dop en grofgekap
  • 30 ml olyfolie
  • sap van halwe suurlemoen
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 100 g fetakaas

Verhit ’n pan oor matige hitte en braai tortillas een op ’n slag aan weerskante tot dit begin verbruin (sonder olie). Smeer jogurt op elke tortilla. Meng lamsvleis, slaaiblare, rooi-ui, kruisement en pistasieneute en skep daarvan op gesmeerde tortillas. Sprinkel olyfolie en suurlemoensap oor. Geurmet sout en peper. Krummel fetakaas oor en vou tortillas toe. Sit voor.