Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUN/JUL 2012

Resepte

Lamsblad met sticky sous

Regtig ʼn heerlike manier van lamsblad gaarmaak. Die sous máák die gereg. 

(4 porsies)

  • 40 ml olyfolie
  • 1 lamsblad
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 2 takkies vars roosmaryn

Verhit oond tot 180 °C. Voer ’n oondbraaibak uit met tinfoelie. Gooi olie in, sit blad in en geur. Sit roosmaryn boop. Oondbraai oop vir 1 uur. Maak nou die sous.

Sous

  • 65 ml worcestersous
  • 65 ml sojasous
  • 125 ml blatjang
  • 125 ml tamatiesous
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap

Meng al die bestanddele. Haal blad uit oond en gooi sous oor. Maak bak toe met tinfoelie. Plaas terug in oond vir 1 uur. Haal tinfoelie af en oondbraai nog 1 uur. Sit voor met gebraaide mielies en maklike roosterkoek.

Wenk
Ek voer die oondbak waarin ek die lamsblad braai uit met tinfoelie. Die sous bevat baie suiker, wat maklik kan aanbrand.