sr1212_kersfees_kos_2_
Resepte

Lamsboud met kruie, feta en parmesaankaas

(genoeg vir 8)

•     100 g gepelde amandels
•     6 ansjovis-filette
•     hand vol harde kruie, fyngekap (roosmaryn, tiemie en origanum)
•     4 fetakaas-wiele
•     2 snye witbrood, korsies verwyder
•     80 ml botter, gesmelt
•     6 knoffelhuisies, fyngekap
•     1 groot lamsboud, ontbeen
•     300 ml rooiwyn
•     sout en varsgemaalde swartpeper
•     300 g groenbone, stingels afgesny

Verhit oond tot 180 °C. Plaas amandels, ansjovis-filette, harde kruie, feta, brood, botter en knoffel in voedselverwerker. Verwerk op hoë spoed tot goed gemeng. Gebruik ’n skerp mes en vlek die lamsboud oop. Geur goed met sout en swartpeper. Skep vulsel op vleis en versprei eweredig. Rol vleis stewig op en bind vas met kombuistou. Gooi wyn in oondroosterpan.

Plaas boud in pan. Geur weer goed met sout en swartpeper. Maak toe met foelie en plaas in warm oond. Rooster toe vir
3 uur. Kyk elke uur of daar nog genoeg vloeistof in die pan is. Voeg nog wyn by indien nodig. Verwyder foelie en voeg groenbone by. Rooster oop vir nog 30 minute of tot goudbruin en tot groenbone gaar is. Sit voor.

  • Carina

    Dit is ‘n lamsboud met kruie, feta en parmesaankaas, maar parmesaankaas word nie verder in die resep genoem nie. Hoe dan nou?