FOTO Micky Hoyle
SARIE KOS DES 2012/JAN 2013

FOTO Micky Hoyle SARIE KOS DES 2012/JAN 2013

Resepte

Lamsboud met pistasieneut-en-kruiekors

Die bolaag van die lamsboud maak hierdie gereg baie spesiaal.
Oondbraaityd: 3 uur

• 1 lamsboud
• sowat 60 ml olyfolie
• sap van 1 suurlemoen
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 500 g geskilde piekeluitjies
• 2 heel knoffelbolle

Pistasieneut-en-kruiekors

• 100 g uitgedopte pistasieneute
• 20 g kruisementblare
• 100 g ciabattabrood
• 15 g Italiaanse pietersielie
• 100 g (110 ml) gesmelte botter
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 160 °C. Plaas lamsboud in oondbraaibak. Gooi olyfolie en suurlemoensap oor. Geur met sout en peper. Plaas die uitjies rondom die vleis. Sny die knoffelbolle bo oop en plaas ook in die oondbraaibak. Sprinkel met klein bietjie olyfolie. Oondbraai oop vir 2 uur. Maak intussen die kruiebolaag. Kap neute fyn in voedselverwerker. Haal uit. Kap kruisementblare, brood en pietersielie ook fyn in voedselverwerker. Meng die neute met die fyngekapte kruie. Voeg gesmelte botter en knoffel by. Geur met sout en peper. Haal lamsboud ná 2 uur uit oond en laat sowat 30 minute afkoel voor jy die kors opsit. Verhoog die oondtemperatuur na 180 °C. Pak die bolaag dik bo-op die lamsboud en sprinkel met nog ’n bietjie olyfolie. Plaas terug in oond vir nog 1 uur. Sit warm voor.