Foto deur Donna Lewis
SARIE SEPTEMBER 2014

Foto deur Donna Lewis SARIE SEPTEMBER 2014

Resepte

Lamskoftas

Genoeg vir 6

  • 400 g lamsmaalvleis
  • 20 ml fyn koljander
  • 10 ml fyn komyn
  • 1 gekapte brandrissie
  • 1 hand vol vars koljander, gekap
  • 1 eier
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 6 sosatiestokkies, geweek in water vir 30 minute
  • 60 ml olyfolie

Verhit oond tot 180 °C. Meng maalvleis, fyn koljander, komyn, brandrissie, vars koljander en eier. Geur met sout en peper. Gebruik jou hande en vorm lepels vol van die maalvleis om die sosatiestokkies se skerpkant. Druk stewig vas. Verhit olyfolie in braaipan. Braai stokkies met maalvleis vir sowat 5 minute per kant of tot goudbruin. Plaas op bakplaat en bak verder in warm oond tot gaar – sowat 10 minute. Sit voor met tzatziki en platbrood.