Resepte

Lamsosaties

(10 – 12 sosaties)

  • 1,5 kg ontbeende lamsboud, in blokkies gesny
  • 8 stukke ontbeende varkliesribbetjie, in blokkies gesny

Marinade

  • 30 ml sonneblomolie
  • 2 – 3 uie, in skywe gesny
  • 3 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 30 ml matige kerriepoeier
  • 15 ml borrie
  • 2 – 3 lourierblare
  • 5 ml fyn gemmer
  • 30 ml fyn appelkooskonfyt
  • 350 ml witwynasyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 500 ml melk

Maak eers die marinade: Verhit die olie in ‘n kastrol en braai die uie en knoffel tot sag maar nie bruin nie. Voeg die kerriepoeier by en braai vir so 2 minute. Voeg die res van die bestanddele, behalwe die melk, by en kook vir sowat 10 minute. Verwyder die kastrol van die hitte en voeg die melk by. Laat afkoel. Moenie skrik nie – die melk gaan skif en dit lyk nie te aangenaam nie, maar dis reg so. Gooi die afgekoelde marinade in ‘n groot bak oor die vleis en laat oornag in die yskas marineer. Ryg nou die lamsvleisblokkies saam met die varkvleis op sosatiestokkies. Verhit weer die marinade. As jy dit vir so 15 minute kook, verdwyn die skif. Laat afkoel en bedruip die sosaties daarmee terwyl jy hulle braai.

Wenk
As jy houtsosatiestokkies gaan gebruik, week die stokkies oornag in koue water. Dit sal keer dat die stokkies brand wanneer jy die sosaties braai.

Bedien saam met roosterkoek