sk1010.6uur6
6 uur tuis, eet half 7

Lamsribbetjie met uieringe

(4 – 6 porsies)

  • 50 ml olyfolie
  • 30 ml heuning
  • 45 ml mosterd
  • 30 ml asyn
  • 45 ml blatjang
  • 900 g kortrib-lamsvleis
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 280 g (500 ml) meel
  • 1 x 340 ml-blikkie bier
  • sonneblomolie vir diepbraai
  • 4 uie, in ringe gesny

Verhit oond tot 200 ˚C. Meng olyfolie, heuning, mosterd, asyn en blatjang. Plaas ribbetjie op ‘n bakplaat en gooi sous oor. Geur met sout en swartpeper. Plaas in warm oond en rooster vir 25 – 30 minute of tot goudbruin en gaar. Terwyl ribbetjie rooster, maak uieringe só: Meng meel en bier om ‘n stywe beslag te vorm. As dit te dik is, voeg nog water by. Verhit sonneblomolie tot vuurwarm. Doop uieringe in bierbeslag en plaas in warm olie. Braai vir 5 – 8 minute of tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier. Sit warm ribbetjie saam met uieringe en slaai van jou keuse voor.

Wenk: Moenie te veel uieringe op ‘n slag in die olie sit nie. Die uie gaan kook en nie bros braai nie. Braai liewer 3 – 4 keer.

  • lqntakis

    JhYkFp xjlmrbwhwyiz, [url=http://igvqixrxsskr.com/]igvqixrxsskr[/url], [link=http://pikurprvnomu.com/]pikurprvnomu[/link], http://sdkzfvtmlwvr.com/